Engelse Wikipedia

Die Engelse weergawe van Wikipedia was die eerste uitgawe van hierdie aanlynensiklopedie en is op 15 Januarie 2001 begin. Na omtrent vyf jaar is die miljoenste artikel in Maart 2006 geskep. Hiermee laat hulle die ander Wikipedias, soos die Duitse, Franse en die Nederlandse Wikipedias, ver agter. Slegs 'n halfjaar later, op 9 September 2007 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle tweemiljoenste artikel, op 17 Augustus 2009 hulle driemiljoenste artikel, op 13 Julie 2012 hulle viermiljoenste artikel en op 1 November 2015 hulle vyfmiljoenste artikel.


Developed by მერაბ მგელაძე