WhatsApp

WhatsApp
Ontwikkelaar WhatsApp Inc.
Aanvanklike vrystelling 2009
Bedryfstelsel iOS, Android, Windows Phone, BlackBerry OS, BlackBerry 10, Windows Phone, Nokia Series 40, Symbian
Beskikbaar in Enige taal
Kategorie Boodskapdiens
Lisensie Eiendom
Webblad WhatAapp.com

WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies.

WhatsApp, Inc. is in 2009 gestig deur die Amerikaners Brian Acton en Jan Koum (ook die hoof- uitvoerende beampte), albei voormalige werknemers van Yahoo!, en is gebaseer in Mountain View, Kalifornië.[1][2] Die maatskappy het 55 werknemers en is onlangs oorgeneem deur Facebook, Inc., wat sy verkryging van WhatsApp, Inc. vir $19 miljard op 19 Februarie 2014 aangekondig het.[3]

In 'n bloginskrywing in Desember 2013 beweer WhatsApp hy het elke maand 400 miljoen aktiewe gebruikers.[4] Op 22 April 2014 het WhatsApp meer as 500 miljoen maandelikse aktiewe gebruikers gehad; 700 miljoen foto's en 100 miljoen video's is in dié tyd elke dag gedeel. Dit hanteer ook elke dag meer as 10 miljard boodskappe.[5]

  1. El pais, 2012-07-09, http://www.whatsappforpcmi.com/whatsapp-for-pc-download-windows-7-8-computer-laptop/ .
  2. Eric, Jackson (3 Desember 2012). "Why Selling WhatsApp To Facebook Would Be The Biggest Mistake of Jan Koum's and Brian Acton's Lives". Forbes. Verkry op 3 Mei 2013. 
  3. Facebook to Acquire WhatsApp, 19 Februarie 2014, http://newsroom.fb.com/News/805/Facebook-to-Acquire-WhatsApp 
  4. (en) Jan Koum (19 Desember 2013). "400 Million Stories". WhatsApp Blog. WhatsApp. Verkry op 17 Januarie 2014. 
  5. Amit Chowdhry, "WhatsApp Hits 500 Million Users", Forbes, http://www.forbes.com/sites/amitchowdhry/2014/04/22/whatsapp-hits-500-million-users/, besoek op 14 Mei 2014 

Developed by მერაბ მგელაძე